Ek aanvaar jou as ‘n
kosbare gawe van God
Ek sal jou liefhê en een met jou wees soos Jesus
En die Vader een is,
sodat die eenheid van ons
Huwelik God mag
verheerlik en ander na Hom toe trek
Ek sal aan jou
onderdanig wees en myself aan jou gee
Ek sal my altyd beywer
vir vrede in ons huwelik,
Met God en met jou
Ek sal jou altyd
respekteer, beskerm en eerbiedig
Ek sal simpatiek,
beleefd en teer teenoor jou wees en aan jou getrou bly
Ek sal jou seën en vir
jou bid en die blydskap
Van die Here bewaar,
nooit kwaad met kwaad vergeld nie
Ek sal sorg dat die
son nooit oor ons toorn
ondergaan nie
Ek sal altyd in
waarheid en met liefde met jou
praat en altyd by jou
staan
Ek sal aan jou getrou
bly en jou nooit verlaat
Nie, solank as wat ons
leef
Volgens God se Woord,
sal ons Godelike
Gesondheid, vrede en
voorspoed geniet en in
Harmonie met mekaar
saamleef
Ek gee jou hiermee my
word van trou
En neem jou as my
wettige eggenoot
.jpg)
No comments:
Post a Comment